Werkswyse
Die groep bestaan uit werkende mense wat in hul vrye tyd toneel speel vir Christus. Dit behels:
Inoefening
Die toneelstuk word vir ‘n tydperk van ongeveer 3 maande ingeoefen. Daar word eers aan bewegings gewerk, dan moet ons woorde leer en daarna word aan karaktervorming aandag gegee.
Dekor, klank en beligting
So tussen die oefening deur word daar aan dekor gewerk, musiek word gekies en klankopnames word gedoen. Die beligting word ook tegnies versorg. Die klank en beligting word dan met die res van die stuk geintegreer.
Videonaweek
Dis waar die laaste afronding gedoen word. Die naweek voor die openingsaand, gaan die groep weg na 'n kampterrein waar daar 'n video van die stuk geskiet word. Die spelers se foute word op die video uitgewys.
Openingsaand
Dis die groot aand waarna verskillende kerkleiers genooi word om na die produksie te kom kyk en te evalueer vir optredes.
Optredes
Gemeentes en ander instansies nooi ons dan uit om by hulle te kom optree, gewoonlik Saterdagaande. Hulle besluit hoe hulle die stuk aanwend, bv. fondsinsameling, evangelisasie, vervang 'n aanddiens, ens.
|