"Die liefde wat heel" speel af in Sonneblom Oase koffiewinkel, waar Etsie werk, ‘n meisie met baie seer, verwyte en haat. Die wortel van bitterheid laat haar blind vir die liefde wat aan haar betoon word. Soos baie mense wat liefde verstoot neem sy verkeerde besluite wat haar in 'n penarie laat beland. Self die wat liefde gee word ook "getoets" maar die liefde oorwin.
Die gesig in die hart is ons gesigte wat God se liefde uitstraal.
2010 stuk : Die Offers wat ons bring
'n Gesin neem 'n kind met "probleme" in om hom by te staan, sodat hy sy matriekjaar klaar kan maak. Hierdie kind affekteer die hele gemeenskap sodanig dat dit ander se "probleme" aan die lig bring. Weens offers wat mense bring sien ons hoe God in die kind en ander se harte werk. Met "Offers wat ons bring" kan ons God se lig laat skyn in 'n donker wêreld.
2008/2009 stuk : Geskenk van God
Die stuk speel af in die agterplaas van 'n losieshuis. Beiden vir die losieshuis eienaar, buurman en verslaggewer is die res van die karakters loseerders. Die mense kom bymekaar en die se persoonlikhede en selfs geskiedenis speel teen mekaar af en veroorsaak met tye wrywing. Dit is dan ook daar waar die "geskenk van God" sy uitwerking het en die mense tot ander insigte bring.
2007/2008 stuk : Salf vir jou oë
Die stuk speel af in ‘n Christelike koffiekroeg. Dit beeld gewone mense uit met normale lewens, maar tog sit elkeen met geraamtes in die kas. Wanneer dit bekend word, reageer mense verskillend en benodig ons "Salf vir jou oë"