Delta C Bediening Delta C Toneel Kontak Besonderhede
  Welkom by ons Webblad
 

Delta C Bediening is ‘n interkerklike organisasie wat hul beywer om mense in Christus te verander. Delta is die wiskundige funksie vir "verandering in" en die C staan vir Christus.

NUUT OP DIE PLANKE VIR 2012 : 'n Nuwe Begin
Die toneelstuk speel af in Pieter en Ria se vakansiehuis by die see oor die kerstyd. Hulle nooi elke jaar die naaste familie oor om die spesiale tyd saam deur te bring.  Die jaar is daar egter twee verhoudings wat 'n nuwe begin nodig het. Een, ‘n vriendin wat saamgenooi is, wat moes kennis maak met 'n voorbeeldige familie en die ander wie se huwelik op die rotse is, wat net ‘n kopskuif uit 'n onverwagse hoek benodig. Elkeen van ons het so nou en dan 'n nuwe begin nodig, dit hoef nie noodwendig groot te wees nie, maar 'n begin.

Optredes:
Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om u te vra dat ons by u kan kom optree. Ons tree op by alle kerke, tuistes vir bejaardes sowel as by skole en ander organisasies. Om te bespreek vir optredes of vir meer inligting oor Delta C Toneel kliek hier vir besonderhede. Delta C is ook as ‘n groep op facebook.

Donasies:
Delta C is ‘n nie-winsgewende Christelike toneelorganisasie en ons is afhanklik van donasies vir optredes. Ons bedien as `n roeping en dit is ook ons uitgangspunt.

Groete in Christus.
Pieter Schreiber
Regisseur


 

Delta C Toneel is 'n inisiatief om God se Woord deur middel van toneel uit te dra. Dit bestaan uit werkende mense wat in hul vrye tyd toneel speel vir Christus.

Vir meer inligting asook optredes en besprekings, kliek hier..

 

 
Delta C Bediening | Delta C Toneel | Kontak Besonderhede